Gevangenes moet tydens vervoer geboei wees

‘n Saak van poging tot moord en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen is teen ‘n Namibiese polisiebeampte aanhangig gemaak ná hy per ongeluk ‘n omstander geskiet het terwyl hy besig was om ‘n gevangene te jaag. Lenard “Jack Sparrow” Pilley, ‘n Suid-Afrikaanse burger, het Dinsdagmiddag uit polisie-aanhouding probeer ontsnap terwyl hy deur ‘n hofbeampte […]

Read More

Ekonoom: Lenings vir goeie projete kan hulself terugbetaal

Reaksie is ontvang oor die Namibiese Ministerie van Finansies se finansiële samewerkingsooreenkoms ter waarde van 1,8 miljard Namibiese doller met die Duitse regering. Luidens berigte sal 3 programme deur die Duitsers befonds word. Volgens die Finansminister Ipumbu Shiimi sal die Gammans water herwinningsaanleg opgradeer word teen ‘n koste van N$900 miljoen. Die Ontwikkelingsbank sal met […]

Read More

Finse sokkersvroue kan hijabs dra

Finland se nasionale sokkerliga het hijabs aangebied aan enige speler wat een wil hê. Die land se topafdeling in vroue-sokker sê kinders word uitgerus met alles wat hulle nodig het wanneer hulle in die land begin sokker speel. Tot nou toe was sport-hijabs egter nie beskikbaar nie. Internasionale media berig dat die hoof van die […]

Read More

Weg met emmertoilette, sê Fransfonteiners

Fransfontein-inwoners sê hulle is keelvol vir die emmertoiletstelsel wat teen ‘n stadige pas met ordentlike toilette vervang word. Dr. Libertina Amadhila, ‘n voormalige Namibiese Gesondheidsminister, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy verskil met die berigte, want die meeste huise op Fransfontein het van die emmerstelsel ontslae geraak. Sy sê die emmerstelsel is onaanvaarbaar in […]

Read More

Wêreldbeker Rugbytoernooi vir vroue uitgestel

Die Wêreldbeker Rugbytoernooi vir vroue wat aanvanklik van September tot Oktober vanjaar sou plaasvind, sal nou vanaf 8 Oktober tot 12 November volgende jaar in Nieu-Seeland gespeel word. Die toernooi is van 35 tot 43 dae verleng om ‘n minimum van vyf rusdae tussen wedstryde te verseker. Alan Gilpin van Wêreldrugby sê die uitstel laat […]

Read More

Historikus sê kunswerke is beter af in die buiteland

Reaksie is ontvang oor die drie skilderye van die Namibiese kunstenaar Adolph Jentsch wat in Mei tydens ‘n aanlynveiling deur die Suid-Afrikaanse veilingshuis Strauss & Company opgeveil gaan word. Daar word verwag dat van sy skilderye N$1 miljoen kan haal. Historiese kenner Dr. Andreas Vogt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê Namibiërs heg […]

Read More

Napwu sê Geingob moet by NBC ingryp

Die Namibia Media Professionale Unie het saam met ander vakbonde ‘n brief aan President Hage Geingob geskryf om ‘n kommissie van ondersoek oor die Nasionale Uitsaaier van stapel te stuur. Dit moet bepaal of NBC steeds in bedryf kan wees soos tans. Nampu se Sekretaris-Generaal, Sackeus Iileka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die rede […]

Read More

Afrikaanssprekendes traag om ingeënt te word

Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners is huiwerig om die Covid-entstof te ontvang. Dit is volgens die nasionale studie oor inkomste-dinamika se mobiele koronavirus-opname wat onder alle groepe gedoen is. Daar is bevind dat meer as 70 persent van Suid-Afrikaanse volwassenes bereid is om ingeënt te word, maar 42 persent van die Afrikaanssprekendes is huiwerig daaroor in vergelyking met […]

Read More

VN vrees volskaalse oorlog tussen Israel en Palestina

Die Verenigde Nasies vrees dat ‘n volskaalse oorlog tussen Israel en die Palestyne kan uitbreek nadat gewelddadige botsings en vuurpyle reeds sowat 50 lewens geëis het. Die geweld het Maandag vlamgevat na weke van spanning as gevolg van skermutselings tussen Israelse polisie en Palestynse betogers. Dit is op ‘n spits gedryf by ‘n terrein in […]

Read More

Rooibos fokus op gesonde leefstyl

Bemarkingskenners sê die Covid-pandemie het nuwe fokus geplaas op ‘n gesonde leefstyl en gesonde eet- en drinkgewoontes. ‘n Direkteur van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Nicie Vorster, sê dit tel in die guns van rooibos se reeds gesonde profiel. Vorster glo die tee-wêreld word bevoordeel deur dié verskuiwing omdat mense nou dink wat hulle eet en drink.

Read More