Wêreldbeker Rugbytoernooi vir vroue uitgestel

Die Wêreldbeker Rugbytoernooi vir vroue wat aanvanklik van September tot Oktober vanjaar sou plaasvind, sal nou vanaf 8 Oktober tot 12 November volgende jaar in Nieu-Seeland gespeel word. Die toernooi is van 35 tot 43 dae verleng om ‘n minimum van vyf rusdae tussen wedstryde te verseker. Alan Gilpin van Wêreldrugby sê die uitstel laat ook toe dat die toernooi-formaat aangepas kon word, en alle wedstryde sal nou op Saterdae en Sondae gespeel word.