VN vrees volskaalse oorlog tussen Israel en Palestina

Die Verenigde Nasies vrees dat ‘n volskaalse oorlog tussen Israel en die Palestyne kan uitbreek nadat gewelddadige botsings en vuurpyle reeds sowat 50 lewens geëis het. Die geweld het Maandag vlamgevat na weke van spanning as gevolg van skermutselings tussen Israelse polisie en Palestynse betogers. Dit is op ‘n spits gedryf by ‘n terrein in Jerusalem wat deur Jode en Moslems as heilig beskou word. Internasionale media berig dat meer as ‘n 1 000 vuurpyle uit die Palestynse Gaza-gebied afgevuur is terwyl Israel honderde lugaanvalle uitgevoer het. Onder die slagoffers is 13 Palestynse kinders.