Weg met emmertoilette, sê Fransfonteiners

Fransfontein-inwoners sê hulle is keelvol vir die emmertoiletstelsel wat teen ‘n stadige pas met ordentlike toilette vervang word. Dr. Libertina Amadhila, ‘n voormalige Namibiese Gesondheidsminister, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy verskil met die berigte, want die meeste huise op Fransfontein het van die emmerstelsel ontslae geraak. Sy sê die emmerstelsel is onaanvaarbaar in hedendaagse tye. Amdahila het ook gemaan dat jong mense nie op die Regering moet wag nie, maar self moet uitspring en dinge vir hulself moet doen.