Napwu sê Geingob moet by NBC ingryp

Die Namibia Media Professionale Unie het saam met ander vakbonde ‘n brief aan President Hage Geingob geskryf om ‘n kommissie van ondersoek oor die Nasionale Uitsaaier van stapel te stuur. Dit moet bepaal of NBC steeds in bedryf kan wees soos tans. Nampu se Sekretaris-Generaal, Sackeus Iileka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die rede waarom hulle wil hê die President moet ingryp, is omdat daar tans geen tekens is dat die NBC ‘n volhoubare besigheid is nie.