Eskom gaan dienste in dele van Soweto staak weens veiligheidsprobleme

Eskom het bekend gemaak hy het sy dienste in dele van Soweto gestaak weens veiligheidsprobleme. Dit volg op berigte van dreigemente aan sy werknemers en toerusting. Sommige betogers het hierdie week glo klippe na Eskom-werknemers gegooi en hulle verhinder om toegang tot kliënte-netwerksentrums in Diepkloof en Zola te verkry. Gebiede wat verder geraak is sluit […]

Read More

Streng regulasies kniehalter Amerikaanse toeriste na Namibië

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië is bekommerd oor die streng toegangsreëls vir toeriste na Namibië sedert die einde van Julie. Volgens die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold word buitelandse toeristemarkte, soos Amerika waarvoor hard baklei is, deur die streng reëls gekniehalter. Sy sê in Julie vanjaar is 4,13 persent van gaste by akkommodasiegeriewe Amerikaanse burgers, wat selfs […]

Read More

Namibiese akkommodasiegeriewe se kamerbesetting vir Julie slegs 11,4%

Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië het akkommodasiegeriewe in Namibië in Julie slegs ‘n kamerbesetting van 11,4 persent gehad. Dit is slegs drie persent meer as Julie verlede jaar toe Namibië sy grense gesluit en onder inperking was. Juliemaand is die piekseisoen vir toerisme in Namibië en in 2019 was kamerbesetting 60 persent. Die uitvoerende hoof, […]

Read More

Bejaarde vrou op Hentiesbaai aangeval

Nóg ‘n bejaarde vrou is in Namibië aangeval, dié keer op Hentiesbaai. Volgens die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die 62-jarige Elrose Liebenberg wat alleen in haar huis op Hentiesbaai bly, aangeval en beroof. Sy is bewusteloos aangetref en na ‘n hospitaal op Walvisbaai geneem waar sy in ‘n stabiele toestand is. Inspekteur Ileni […]

Read More

Russiese entstof kom môre in Namibië aan

Volgens die Namibiese gesondheidsministerie, dr. Kalumbi Shangula, sal Namibië môre die Russies-vervaardigde Sputnik Light-entstof ontvang. Hy het gesê ‘n bykomende entstof, naas Sinopharm en AstraZeneca sal ‘n breër keuse uit drie entstowwe aan die publiek gee. Shangula het Namibiërs aangemoedig om ingeënt te word en gesê na verwagting sal Covid-gevalle, hospitaliserings en sterftes afneem.

Read More

Britse man ses weke tronk toe in Singapoer omdat hy nie masker dra

‘n Britse man het uitgevind presies hoe streng die Covid-19-maatreëls in Singapoer toegepas word toe hy ses weke tronkstraf opgelê is omdat hy herhaaldelik protokolle verbreek het en nie ‘n masker in die openbaar gedra het nie. Die 40-jarige Benjamin Glynn het homself verteenwoordig in die aanklagte teen hom nadat hy in Mei geweier het […]

Read More

Omgewingsorganisasie gekant teen drywende kragaanlegte

Die omgewingsorganisasie Green Connection het vandag sy mondelinge voorlegging gedoen by die Suid-Afrikaanse Energiereguleerder se openbare verhore oor Karpowership SA se elektrisiteitsopwekkingsaansoek. Die organisasie se woordvoerder, Liziwe McDaid, het aan die paneel gesê Green Connection is op rekord dat hulle teen die drywende kragaanlegte gekant is, maar hulle is ook van mening die lisensiëringsproses is basies gebrekkig. Die organisasie sê indien die lisensie toegestaan word, kan Suid-Afrikaners moontlik […]

Read More

Asbesskole in Gauteng onder die loep

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, moet die Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag oor asbes-skole bekend maak om geregtigheid vir die kinders te verseker. Die DA sê die departement het binne drie maande meer as 431 miljoen rand verkwis op die ontsmetting van skole. ‘n Woordvoerder, Khume Ramulifho, sê […]

Read More

Kuns in Kaapstad ondersteun

Die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa in Kaapstad en die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n nuwe genootskapsprojek bekend gestel. Dit sal ‘n jaar duur en is ontwikkel om ‘n nuwe geslag kuns- en museum-beroepspersone op te lei. Die genootskapsprogram sal in 2022 afskop en is daarop gemik om ‘n bydrae te lewer tot […]

Read More

Tienerswangerskappe verdubbel sedert Covid-pandemie

Swangerskappe onder leerders het sedert die Covid-pandemie en inperking verlede jaar tydens die 2020 akademiese jaar verdubbel, volgens die Namibiese onderwysministerie. Edda Bohn, adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie sê tienerswangerskappe het tot ‘n verbysterende 3 000 gestyg. Sy sê die swangerskapsyfers ná die onlangse lang wintervakansie is nog nie bekend nie. Bohn gesels met […]

Read More