Kuns in Kaapstad ondersteun

Die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa in Kaapstad en die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n nuwe genootskapsprojek bekend gestel. Dit sal ‘n jaar duur en is ontwikkel om ‘n nuwe geslag kuns- en museum-beroepspersone op te lei. Die genootskapsprogram sal in 2022 afskop en is daarop gemik om ‘n bydrae te lewer tot die herdefiniëring van kuratoriese praktyk, en kunsgeskiedenisbeurse te bied oor die eietydse kunsgesprek. Die woordvoerder Tandazani Dhlakama sê die program word gesamentlik ondersteun deur Zeitz, Africa No Filter en die AKO Foundation.