Asbesskole in Gauteng onder die loep

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, moet die Spesiale Ondersoekeenheid se voorlopige verslag oor asbes-skole bekend maak om geregtigheid vir die kinders te verseker. Die DA sê die departement het binne drie maande meer as 431 miljoen rand verkwis op die ontsmetting van skole. ‘n Woordvoerder, Khume Ramulifho, sê hierdie geld kon gebruik word om asbes-skole te vervang.