Namibiese akkommodasiegeriewe se kamerbesetting vir Julie slegs 11,4%

Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië het akkommodasiegeriewe in Namibië in Julie slegs ‘n kamerbesetting van 11,4 persent gehad. Dit is slegs drie persent meer as Julie verlede jaar toe Namibië sy grense gesluit en onder inperking was. Juliemaand is die piekseisoen vir toerisme in Namibië en in 2019 was kamerbesetting 60 persent. Die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê Julie vanjaar se kamerbesetting is selfs laer as Junie s’n. Paetzold gee die syfers aan Kosmos 94.1 Nuus.