Omgewingsorganisasie gekant teen drywende kragaanlegte

Die omgewingsorganisasie Green Connection het vandag sy mondelinge voorlegging gedoen by die Suid-Afrikaanse Energiereguleerder se openbare verhore oor Karpowership SA se elektrisiteitsopwekkingsaansoek. Die organisasie se woordvoerder, Liziwe McDaid, het aan die paneel gesê Green Connection is op rekord dat hulle teen die drywende kragaanlegte gekant is, maar hulle is ook van mening die lisensiëringsproses is basies gebrekkig. Die organisasie sê indien die lisensie toegestaan word, kan Suid-Afrikaners moontlik nog meer vir elektrisiteit betaal.