Eskom gaan dienste in dele van Soweto staak weens veiligheidsprobleme

Eskom het bekend gemaak hy het sy dienste in dele van Soweto gestaak weens veiligheidsprobleme. Dit volg op berigte van dreigemente aan sy werknemers en toerusting. Sommige betogers het hierdie week glo klippe na Eskom-werknemers gegooi en hulle verhinder om toegang tot kliënte-netwerksentrums in Diepkloof en Zola te verkry. Gebiede wat verder geraak is sluit Orlando, Senaoane, Jabavu en Protea Glen in. Inwoners is reeds vir ‘n paar maande in die duister as gevolg van beskadigde transformators.