Bejaarde vrou op Hentiesbaai aangeval

Nóg ‘n bejaarde vrou is in Namibië aangeval, dié keer op Hentiesbaai. Volgens die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die 62-jarige Elrose Liebenberg wat alleen in haar huis op Hentiesbaai bly, aangeval en beroof. Sy is bewusteloos aangetref en na ‘n hospitaal op Walvisbaai geneem waar sy in ‘n stabiele toestand is. Inspekteur Ileni Shapumba het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.