Tienerswangerskappe verdubbel sedert Covid-pandemie

Swangerskappe onder leerders het sedert die Covid-pandemie en inperking verlede jaar tydens die 2020 akademiese jaar verdubbel, volgens die Namibiese onderwysministerie. Edda Bohn, adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie sê tienerswangerskappe het tot ‘n verbysterende 3 000 gestyg. Sy sê die swangerskapsyfers ná die onlangse lang wintervakansie is nog nie bekend nie. Bohn gesels met Kosmos 94.1 Nuus.