Streng regulasies kniehalter Amerikaanse toeriste na Namibië

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië is bekommerd oor die streng toegangsreëls vir toeriste na Namibië sedert die einde van Julie. Volgens die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold word buitelandse toeristemarkte, soos Amerika waarvoor hard baklei is, deur die streng reëls gekniehalter. Sy sê in Julie vanjaar is 4,13 persent van gaste by akkommodasiegeriewe Amerikaanse burgers, wat selfs meer is as in 2019, maar talle kansellasies is van Amerikaanse toeriste gekry weens die streng regulasies. Paetzold verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.