Rwanda sê konflik is DRK se skuld - February 10, 2025

Die president van Rwanda Paul Kagame het die Demokratiese Republiek die Kongo se pogings om Rwanda stil te maak oor voortslepende sekerheidsbedreigings sterk verwerp. Kagame het gepraat op die SAOG-Oos-Afrikaanse Gemeenskap se gesamentlike spitsberaad en die DRK gekritiseer omdat die land nie kwessies aanspreek wat al lank voortduur nie, ondanks Rwanda se pogings tot dialoog. […]

Read More

Chinese sku vir knoopdeurhaak - February 10, 2025

Huwelike in China het verlede jaar met ‘n vyfde gedaal, die grootste daling op rekord, ondanks veelvuldige pogings deur owerhede om jong paartjies aan te moedig om te trou en kinders te hê. Die dalende belangstelling om te trou en met ‘n gesin te begin word blameer op die hoë koste van kindersorg en onderwys […]

Read More

Swakopmund loop (weer) voor met dwelmvondse - February 10, 2025

Dwelm-uitdagings aan die kus duur voort. Die polisie het drie beslagleggings oor die naweek gedoen. ‘n Buitelandse burger, 42 jaar oud, is buite ‘n voorste hotel op Swakopmund aangekeer waar hy kokaïenpoeier smous. Hy is gevang met 21 pakkies en ‘n verdere 16 gram by sy huis. Die waarde word op 10 500 Namibiese dollar […]

Read More

Kommer oor vaardighede soos 20 000 navrae vir emigrasie na VSA ontvang is - February 10, 2025

Die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika sê hy het meer as 20 000 navrae van Suid-Afrikaners ontvang wat hulle in Amerika wil hervestig. Dit volg nadat Amerika se president, Donald Trump, Vrydag met ‘n uitvoerende bevel hulp aan Suid-Afrika opgeskort het en die hervestiging van Afrikaners in Amerika prioritiseer wat slagoffers is van rasse-diskriminasie. Die sakekamer-president, […]

Read More

IDF verlaat Netzarim-deurgang - February 10, 2025

Israelse soldate het in ooreenstemming met die skietstilstand-ooreenkoms onttrek uit die Netzarim-deurgang. Dis ʼn militêre strook wat die noorde van die Gaza-strook van die suide skei. Die Israelse weermag het die deurgang geskep en beset om ʼn strategiese, sentrale pad te bied wat die ingeslote grondgebied kruis. In die eerste paar uur nadat die deurgang […]

Read More

Waar wil jy jou vis in Swakop skoonmaak? - February 10, 2025

Die Swakopmund-munisipaliteit begin met ‘n openbare bestekopname vir die mees geskikte plek om ‘n voorgestelde nuwe visskoonmaakfasiliteit vir die gemeenskap te bou. Die publiek kan ‘n e-pos stuur om ‘n kaart te kry wat die ligging van die voorgestelde terreine aandui. Drie is in Henrichsenpark, oorkant die jetty selfsorgverblyf, oorkant The Tug-restaurant en oorkant die […]

Read More

Vyf regters hoor IPC-aansoek aan - February 10, 2025

Vyf regters van die hooggeregshof sal vandag en môre die aansoek deur die leier van die IPC Panduleni Ithula, wat die uitslae van die presidensiële verkiesing betwis aanhoor. Regters Peter Shivute, Petrus Damaseb, Sylvester Mainga, Hosea Angula en Dave Smuts is op die bank. Intussen het die president van die Republikeinse Party Henk Mudge verreikende […]

Read More

DA betreur afsterwe van Nujoma - February 10, 2025

Die DA betreur die afsterwe van die eerste president van ‘n onafhanklike Namibië, Sam Nujoma. Hy is op 95-jarige ouderdom in ‘n hospitaal in die hoofstad dood. Nujoma het in 1990 die lang stryd vir onafhanklikheid teen Suid-Afrika volbring, nadat hy in die 1960’s gehelp het om Namibië se bevrydingsbeweging bekend as Swapo te stig. […]

Read More

Streekshoofde moet oor 5 dae oor DRK vergader - February 10, 2025

ʼn Gesamentlike beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en Oos-Afrika Gemeenskap het streekshoofde van albei blokke gevra om binne vyf dae te vergader. Die doel is om tegniese riglyne te verskaf vir ʼn onmiddellike en onvoorwaardelike skietstilstand in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo, en pogings te lei om humanitêre hulp te voorsien wat […]

Read More

Easterby se manne het gedoen wat hulle geoefen het - February 10, 2025

Ierland se tydelike hoofafrigter, Simon Easterby, het sy span geloof na hul bonuspunt-oorwinning van 32-18 oor Skotland in die Sesnasies-reeks op Murrayfield. Ierland se sege is te danke aan Calvin Nash, kaptein Caelan Doris, James Lowe en Jack Conan se drieë, plus 12 punte wat die nuweling, losskakel Sam Prendergast, bygedra het. Die span kon […]

Read More