Swakopmund loop (weer) voor met dwelmvondseFebruary 10, 2025

Dwelm-uitdagings aan die kus duur voort. Die polisie het drie beslagleggings oor die naweek gedoen. ‘n Buitelandse burger, 42 jaar oud, is buite ‘n voorste hotel op Swakopmund aangekeer waar hy kokaïenpoeier smous. Hy is gevang met 21 pakkies en ‘n verdere 16 gram by sy huis. Die waarde word op 10 500 Namibiese dollar beraam. Drie mans, tussen die ouderdomme van 24 en 29 is gearresteer me vyf eenhede crack-kokaïen ter waarde van 6 750 dollar en nog ‘n man, 26, is vas vir dagga ter waarde van 2 350. In Grootfontein se Blikkiesdorp is twee beslagleggings gemaak van dagga en Mandrax ter waarde van net meer as 2 800 dollar.