Chinese sku vir knoopdeurhaakFebruary 10, 2025

Huwelike in China het verlede jaar met ‘n vyfde gedaal, die grootste daling op rekord, ondanks veelvuldige pogings deur owerhede om jong paartjies aan te moedig om te trou en kinders te hê. Die dalende belangstelling om te trou en met ‘n gesin te begin word blameer op die hoë koste van kindersorg en onderwys in China. Meer as 6,1 miljoen paartjies het verlede jaar getrou, af van 7,68 miljoen ‘n jaar tevore en minder as die helfte van die 13,47 miljoen in 2013.