Informele verkopers belangrik vir ekonomieJune 8, 2025
Informele handelaars speel ‘n rol in nywerheidsontwikkeling en geleenthede moet vir hulle geskep word om kreatief tot die ekonomiese groei in hul sektor by te dra, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare het Saterdagaand tydens die fondsinsamelingsdinee vir die Ondangwa-handelskou die dorpsraad uitgesonder vir hul toewyding om die dorp as die middelpunt vir nywerheids- en volhoubare ekonomiese ontwikkeling te vestig. Ondangwa hou die sleutel tot ontwikkeling in die Noorde, het Ngurare gesê.