
AfriForum bevraagteken SA misdaadsyfers - February 22, 2025
AfriForum is skepties oor die polisie se jongste misdaadstatistieke en bevraagteken of dit ‘n ware weerspieëling van misdaad in Suid-Afrika is. Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het afnames in moord en veediefstal aangemeld, maar AfriForum beweer veiligheidstrukture op voetsoolvlak sien nie betekenisvolle veranderings nie. Die woordvoerder, Jacques Broodryk, sê swak rekordhouding en die wanbestuur […]
Chinese in Tasmansee ontwrig vlugte - February 22, 2025
Vliegtuie wat tussen Australië en Nieu-Seeland vlieg, se roetes is gewysig terwyl China ‘n militêre oefening in nabygeleë waters doen wat lewendige ammunisie kan behels. Die seldsame teenwoordigheid van drie Chinese vlootskepe in die Tasmansee het albei lande die afgelope paar dae op hoë gereedheid geplaas, terwyl Australië dit “ongewoon” noem. Die Australiese lugdiens Qantas […]
SA gasheer vir Monaco in Davisbeker - February 22, 2025
Suid-Afrika gaan in September die gasheer wees vir Monaco in die Davisbeker se Wêreldgroep Twee-kragmeting. Die Suid-Afrikaanse kaptein, Pietie Norval, verwag ‘n taai stryd teen die Europese land, wat 51ste is op die wêreldranglys teenoor Suid-Afrika wat 58ste is. Die vorige ontmoeting tussen die twee lande in die mans-spankompetisie was in 2005, toe Monaco 4-1 […]
Akira kuberkrakers sê hulle het Paratus aangeval, kliëntedata gekry - February 21, 2025
Die kuberkrakersgroep Akira voer aan hulle was verantwoordelikheid vir die kuberaanval teen Paratus. Volgens ‘n plasing op die Onion-blog het die groep daarin geslaag om 84 gigabytes se data te onttrek, onder andere Paratus-kliënte se finansiële data, bestuurderslisensies, kontaknommers en e-posse. Paratus het Donderdag bevestig daar was ‘n kuberaanval wat sy interne IT-stelsels geteiken het. […]
Tiener-selfdood styg kommerwekkend - February 21, 2025
Die gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sê hy is diep bekommerd omdat tienerselfdood elke jaar meer voorkom in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep het berig ongeveer nege-persent van alle tienersterftes is weens selfdood. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê selfdood is die derde hoogste onnatuurlike jeug-sterftesyfer tussen die ouderdomme van 15 en […]
Trump bevestig nie G20-bywoning, sê SA gevaarlike plek - February 21, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika in November bly onseker te midde van groeiende diplomatieke spanning. Amerika het ook befondsing aan Suid-Afrika gestaak. Die land se minister van Finansies, Scott Bessent, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gaan nie G20-vergaderings bywoon nie, maar president Cyril Ramaphosa ontken dis […]
Gayton McKenzie het groot planne vir SA boks - February 21, 2025
Boks: Die minister van Sport, Gayton McKenzie, het tydens ‘n byeenkoms in Oos-Londen groot hervormings aangekondig om die sport in Suid-Afrika te verbeter. Sleutelplanne sluit in ‘n toegewyde TV-kanaal, verbeterde finansiële deursigtigheid en regeringsondersteuning vir promotors. McKenzie het onderneem om die Orient-teater te heropen, te verseker dat agterstallige kampioenskapsgordels toegeken word, vroueboks te verbeter, en […]
Peet van Staden wil hom na Musk wend oor internet-toegang - February 21, 2025
Die Suide-boer Peet van Staden, wat hom beywer vir beter internet-toegang in landelike gebiede, wil hom nou na Starlink-eienaar Elon Musk wend. Van Staden het in ‘n ope brief aan inligtingminister Emma Theofelus gepleit dat Starlink toegang tot Namibië kry. Hy het ook ‘n aanlynpetisie daaroor begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Staden gepraat, […]
Zanzou-verdagte in Yeoville gearresteer - February 21, 2025
‘n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die Zanzou-nagklub-aanrandingsaak. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is in Yeoville aangekeer nadat die Johannesburgse Metropolisie opgemerk het hy lyk na een van die uitsmyters by die klub in Hatfield, Pretoria, wat hulle op videos op sosiale media gesien het. Agt mense word gesoek vir die […]
Luigi Mangione vandag in Manhattan-hof - February 21, 2025
Luigi Mangione sal na verwagting vandag in Manhattan se staatshof verskyn in die saak oor die dood van Brian Thompson, uitvoerende hoof van United Healthcare. Die 26-jarige Mangione staan tereg op aanklagte van moord en terrorisme op staatsvlak, sowel as federale aanklagte, na hy na bewering Thompson in ‘n straat-sluipmoord doodgeskiet het. Mangione dring aan […]