
Onderwys neem stappe teen vervalsing van skoolrapporte - January 24, 2025
Die onderwysdirekteur van Kavango Oos, Christine Shilima, sê haar kantoor neem kennis van die bewerings teen leerders wat na blykbaar hulle rapportkaarte vervals het om deur te kom. The Villager berig dat drie skole, Dr. Romanus Kampungu, Dr. Romanus Kamunoko en die Ndama Gekombineerde Skool betrek word. Shilima sê die leerders sal hulle grade moet […]
DA se regspan berei voor oor onteieningwet - January 24, 2025
Die DA het sy sterk teenkanting teen die Onteieningswetsontwerp, wat president Cyril Ramaphosa onderteken het, herhaal. Die wet, wat ’n vyf jaar lange proses van openbare konsultasie en parlementêre beraadslaging ondergaan het, maak voorsiening vir grondonteiening sonder vergoeding. Dit maak ook voorsiening vir sekere gevalle waar onteiening sonder vergoeding in die openbare belang gepas is. […]
Nigeriërs betaal 50% meer vir data, selfoondienste - January 24, 2025
Selfoon- en data-intekenaars in Nigerië sal nou meer moet opdok nadat die regering ‘n 50 persent verhoging in tariewe goedgekeur het, terwyl die land worstel met een van sy ergste lewenskoste-krisisse in dekades. Die reguleerder vir die bedryf, die Nigeriese Kommunikasiekommissie, het gesê tariewe het sedert 2013 dieselfde gebly in Afrika se vierde grootste ekonomie. […]
Man U verbeter kans vir laaste 16 in Europa-liga - January 24, 2025
Manchester United het hul kans om outomaties vir die laaste 16 van die Europa-liga te kwalifiseer ʼn hupstoot gegee met hulle 2-1-oorwinning oor Rangers. Rangers se doelwagter, Jack Butland, het ʼn doel geskop voordat plaasvervanger Cyril Dessers die telling vir die Skotse klub gelykop gemaak het. United se kaptein, Bruno Fernandes, het egter in die […]
Unam diskrimineer – LPM - January 24, 2025
Unam het bevestig sy minimum vereiste vir Baccalaureusgraad-toelating is ‘n vlak 4-kwalifikasie, wat ooreenstem met Gevorderde Filiaalvlak of graad 12. Dit is ook van toepassing op sy gereedheidskursusse. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Duminga Ndala, die leier van die Landless Peoples’ Movement se jeugliga. Sy sê die party beskou die vereiste as diskriminerend.
SA se triljoen rand dobbelkrisis - January 24, 2025
RISE Mzansi het die Nasionale Dobbelraad gekritiseer oor sy weiering om in gesprek te tree met die parlementslid, Makashule Gana oor die land se dobbelkrisis van ‘n triljoen Suid-Afrikaanse rand. Gana het besprekings versoek oor die maatskaplike uitwerking van dobbel, opvoeding en advertensies. Gana het die saak na die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko […]
ICC vra Taliban-lasbriewe aan - January 24, 2025
Die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof versoek lasbriewe teen senior Taliban-leiers in Afghanistan oor die vervolging van vroue, ‘n misdaad teen die mensdom. Karim Khan sê daar is genoeg rede om die opperleier, Haibatullah Akhundzada en die hoofregter, Abdul Hakim Haqqani strafregtelik verantwoordelik te hou vir misdaad teen die mensdom op grond van geslag. Khan […]
Hamilton sê Ferrari bied die regte uitdaging - January 24, 2025
Lewis Hamilton sê hy het aan sy broek se naat gevoel om vir Ferrari te teken. Die suksesvolste jaer in Formule Een het Woensdag sy buiging vir Ferrari by hulle tuisbaan in Maranello gemaak. Dit kom bykans ‘n jaar na sy skokbesluit om Mercedes te verlaat, waar hy ses van sy sewe wêreldkampioenstitels gewen het. […]
Langbaangala begin vandag - January 24, 2025
Die Namibië Swemfederasie bied die naweek sy derde langbaangala aan, met Bank Windhoek as borg. Dit vind van vandag tot Sondag in drie swembaddens op verskillende dorpe plaas. In Windhoek is dit by die Olympia-swembad, in Swakopmund by die Water Cube, en in Oranjemund by Sand Sharks-swembad. Die federasie se skakelbeampte, Carol-Ann Esterhuizen, het met […]
Peuter met skoolrapporte beland 7 in hof - January 24, 2025
Sewe verdagtes, wat ‘n minderjarige insluit, het vir bedrog en vervalsing van skoolrapporte op Rundu in die laerhof verskyn. Geen besonderhede is bekend gemaak nie maar, landdros Sonia Sampofu het aan drie leerders borg van 2 000 Namibiese dollar elk toegestaan met vier ander, wat die 30-jarige Joseph Addy Maseka Kasera, die eienaar van Addie […]