
DRK: Maak die gewere stil, bepleit Guterres - February 11, 2025
Duisende burgerlikes is reeds dood in die konflik in die oostelike DRK en miljoene is ontheem. Die M23 rebelle vorder steeds en die VN sê menseregte vergrype is algemeen. Die sekretaris generaal, Antonio Guterres, bepleit by die partye om terug te keer na onderhandelings.
Idris en Deepak onder bekendes by South by Southwest - February 11, 2025
Bekendes soos die akteur Idris Elba, komediant Katherine Ryan, en skrywer Deepak Chopra sal later vanjaar onder die eerste groot name by die eerste Europese South by Southwest in Londen wees. Dis een van die wêreld se beroemdste kultuurgeleenthede op die jaarlikse program wat konferensies met film, interaktiewe media en musiekfeeste kombineer. Die hoofaantrekkingskrag van […]
Napha smee bande met jag se grotes - February 11, 2025
Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het Namibië by drie groot internasionale jagkonvensies verteenwoordig. Dit was die Dallas Safari Club Convention in Georgia, die Safari Club International Convention in Tennessee, en Jagd & Hund in Dortmund, Europa se grootste jagskou. Maar dit is nog nie verby nie en Oostenryk kom ook die week onder die loep. […]
Trump het weer sy mes in vir SA - February 11, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy aanvalle op Suid-Afrika herhaal en sê die situasie in die land is gevaarlik. Hy het verlede Vrydag ‘n uitvoerende bevel onderteken wat hulp van die VSA aan Suid-Afrika opskort, en waarin hy sy afkeuring uitspreek oor die land se onteieningsbeleid en sy volksmoordsaak teen Amerika se bondgenoot, Israel. […]
Anglikaanse Kerk sê seksskandale ‘n ‘ongekende krisis’ - February 11, 2025
Die verkose beheerliggaam van die Anglikaanse Kerk het begin met ‘n weeklange vergadering oor die “ongekende krisis” wat ontketen is deur ‘n aantal seksuele misbruik-skandale. Die Londense vergadering volg ‘n maand nadat Justin Welby weens die skandaal bedank het as die Aartsbiskop van Kantelberg en wêreldwye hoof van Anglikane. Bewerings van seksuele misbruik teen ‘n […]
Antonelli kry superlisensie, mik vir Australiese Grand Prix - February 11, 2025
Motorsport: Die opkomende ster Andrea Kimi Antonelli het sy bestuurderstoets geslaag slegs ses weke voor hy sy Formule Een-buiging vir Mercedes gaan maak in die Australiese Grand Prix. Die 18-jarige Italianer is in ‘n ryskool afgeneem met die onderskrif “Sending voltooi”. Bestuurders moes voorheen 18 wees en ‘n geldige rybewys in sy vaderland hê om […]
Borgaansoek in Sheehama-moord hervat vandag - February 11, 2025
Die borgtogaansoek van ses van die sewe beskuldigdes in die moord op die student Matheus Sheehama in Julie verlede jaar is tot vandag toe uitgestel tydens hulle laaste verskyning op 26 Januarie. Dit is neergelê tot 14 Februarie in die laerhof op Walvisbaai. Sheehama se liggaam het vroeg in Augustus by Onafhanklikheidstrand uitgespoel nadat hy […]
GOOD vra aanspreeklikheid na R600m in Gauteng vermors is - February 11, 2025
Die GOOD-party beskuldig die Gautengse regering van wanbesteding ter waarde van meer as 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir maatskaplike verligting geoormerk was en sê dit het sukkelende organisasies sonder winsbejag sowel as kwesbare inwoners sonder ondersteuning gelaat. Die party sê verkwistende uitgawes deur die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, insluitend die misbruik van fondse […]
Klimaatfinansiering moet voortgaan – Green Climate - February 11, 2025
Die hoof van die Green Climate-fonds, Mafalda Duarte, doen ‘n beroep op lande om klimaatsfinansiering vir ontwikkelende lande voort te sit. Dit is ondanks Amerika se onttrekking van byna 73,8 miljard Namibiese dollar se befondsing. Die onttrekking het te doen met die Kongres se goedkeuringskwessies en is in skrille kontras met bydraes van Duitsland, die […]
Botha gesels oor Masilingi, wat was en wat kom - February 11, 2025
Namibië se naelloop-ster Beatrice Masilingi het die naweek die 200 meter by die Tampere-binnehuisbyeenkoms in Finland gewen en tweee gekom in die 60 meter-wedloop. Haar tyd van 23,54 sekondes in die 200 meter was ‘n nuwe nasionale binnenshuise rekord. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Masilingi se afrigter, Henk Botha.