Gevalle van Covid daal steeds, inentings neem toe

Die Namibiese gesondheidsministerie het 98 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Gobabis het 24,Windhoek 17, Keetmanshoop 14, Rehoboth en Omuthiya 6 elk, en Karasburg 5. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 2 143 aktiewe gevalle met 118 085 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 123 581. Daar het tans 200 […]

Read More

98 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 98 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Gobabis het 24, Windhoek 17, Keetmanshoop 14, Rehoboth en Omuthiya 6 elk en Karasburg 5. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 2 143 aktiewe gevalle, met 118 085 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 123 581. Daar het tans […]

Read More

Lekker tennis vandag

Die wêreld se nommer-een-speler, Ashleigh Barty, speel vandag teen die ongekeurde Jil Teichmann van Switserland in die eindstryd van die Cincinnati-meesterstoernooi. Die Australiese ster het vir die sesde keer die seisoen ‘n eindronde gehaal toe sy die Duitser Angelique Kerber in die halfeindronde met 6-2 en 7-5 geklop het. Barty is die afgelope 82 weke […]

Read More

Zimbabwe verwelkom besoek van tien Amerikaanse sakemanne

Kundiges in Zimbabwe het die besoek van tien Amerikaanse sakemanne aan die land verwelkom. Die groep wat twaalf Afrikalande gaan besoek het met Roar Africa Emirates se private straler in die buurland aangekom. Hulle toer is deur Roar Africa georganiseer en word genoem “The Greatest & Safest Safari on Earth”. Roar Africa, se uitvoerende hoof […]

Read More

Jacob Zuma-stigting oor wapenskandaal

Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige Suid-Afrikaanse president se regspan gaan nie ophou tot hulle dokumente kry wat met die wapenskandaal verbind word nie. Versoeke hieroor is aan die ANC en die Nelson Mandela-stigting gestuur. Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, sê die party het nie ‘n rekord van finansiële state nie en is nie […]

Read More

Nasionale Outisme simposium in September

Die Nasionale Outisme simposium van 2-4 September is ‘n jaarlikse geleentheid wat aanlyn aangebied word deur die Noordwes-Universiteit van Suid-Afrika in samewerking met Autism South Africa. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kinder- en Adolessente Psigiatrie en verwante beroepe sal weer as ondersteunende vennoot by hierdie geleentheid aansluit. Dit is ‘n unieke aanlyn -geleentheid wat aangepas is […]

Read More

Pasop vir fopnuus maan kundiges

In  die afgelope week se fopnuus het Namibiërs gelees dat Swapo se streekskoördineerder in die Oshikoto-streke,  Armas Amukuyu, in China gaan studeer, maar dit was vals nuus. Daar was ook ‘n berig van vals nuus dat Qatar Airways gaan terugkeer na Namibië. Misleidende nuus versprei soos ‘n veldbrand en daar moet volgens kundiges meer krities na nuus gekyk word voor dit goedsmoeds geglo word. Inligtingstegnologie-kenner, Nrupesh Soni, […]

Read More

Stormweer oppad na ooskus van Amerika

Inwoners aan die Amerikaanse ooskus word gevra om voor te berei vir een van die sterkste storms in jare.Die Amerikaanse media berig dat orkaan Henri vandag na verwagting New York se Long Island en die suidelike dele van New England aan land sal gaan.Winde van tot 120 km/h en tot 15 cm reën word verwag.

Read More

Rooibostee hou glo baie gesondheidsvoordele in

Biotegnoloë van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie sê dat Suid-Afrika se rooibostee ‘n ondersteunende rol kan speel tydens infeksies onder hoërisiko-mense..Volgens die Joernaal van Funksionele Voedsel sluit die moontlike voordele van rooibostee in die modulering van die risiko van sommige van die komorbiditeite wat met COVID-19 verband hou.Studies dui verder daarop dat rooibos ‘n […]

Read More

Chani Rabe praat met Kosmos 94.1 Nuus oor haar groot prestasie

Die nuwe mej.Supranational ,Chani Rabe van Namibië, is baie opgewonde oor die prestasie wat sy by die 12 de weergawe van die Mej.Supranational-kompetisie in Pole behaal het. Sy het die titel nie net die eerste keer vir Namibië gewen nie, maar ook vir Afrika en het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus uit Pole gepraat.

Read More