Zimbabwe verwelkom besoek van tien Amerikaanse sakemanne

Kundiges in Zimbabwe het die besoek van tien Amerikaanse sakemanne aan die land verwelkom. Die groep wat twaalf Afrikalande gaan besoek het met Roar Africa Emirates se private straler in die buurland aangekom. Hulle toer is deur Roar Africa georganiseer en word genoem “The Greatest & Safest Safari on Earth”. Roar Africa, se uitvoerende hoof en stigter, Deborah Calmeyer, en twee van Afrika se bekendste safarigidse, Dr. Ian McCallum en Humphrey Gumpo, is gasheer van die groep in vennootskap met ‘n plaaslike toeroperateur en hotelier. John Robertson ‘n ekonoom van Zimbabwe, praat met Kosmos 94.1 Nuus..