Pasop vir fopnuus maan kundiges

In  die afgelope week se fopnuus het Namibiërs gelees dat Swapo se streekskoördineerder in die Oshikoto-streke,  Armas Amukuyu, in China gaan studeer, maar dit was vals nuus. Daar was ook ‘n berig van vals nuus dat Qatar Airways gaan terugkeer na Namibië. Misleidende nuus versprei soos ‘n veldbrand en daar moet volgens kundiges meer krities na nuus gekyk word voor dit goedsmoeds geglo word. Inligtingstegnologie-kenner, Nrupesh Soni, gee aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n opdatering van die fopnuus wat die afgelope week gesirkuleer het.