Jacob Zuma-stigting oor wapenskandaal

Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige Suid-Afrikaanse president se regspan gaan nie ophou tot hulle dokumente kry wat met die wapenskandaal verbind word nie. Versoeke hieroor is aan die ANC en die Nelson Mandela-stigting gestuur. Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, sê die party het nie ‘n rekord van finansiële state nie en is nie in staat om aan die versoek te voldoen nie. Die Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die inligting word benodig om die hof te help.

Die korrupsieverhoor van Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, wat oor die 1999-wapentransaksie handel, sal na verwagting aanstaande maand in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof hervat.