Nasionale Outisme simposium in September

Die Nasionale Outisme simposium van 2-4 September is ‘n jaarlikse geleentheid wat aanlyn aangebied word deur die Noordwes-Universiteit van Suid-Afrika in samewerking met Autism South Africa. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kinder- en Adolessente Psigiatrie en verwante beroepe sal weer as ondersteunende vennoot by hierdie geleentheid aansluit. Dit is ‘n unieke aanlyn -geleentheid wat aangepas is vir die behoeftes van outiste, persone met neuro -ontwikkelingsstoornisse, geestesgesondheidskwessies, hulle gesinne en die beroepe wat hulle bedien. Navorsers, outistiese volwassenes, klinici in die gesondheidsorg, ouers, opvoeders en maatskaplike werkers kan aanlyn deelneem.