Gevalle van Covid daal steeds, inentings neem toe

Die Namibiese gesondheidsministerie het 98 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Gobabis het 24,Windhoek 17, Keetmanshoop 14, Rehoboth en Omuthiya 6 elk, en Karasburg 5. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 2 143 aktiewe gevalle met 118 085 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 123 581. Daar het tans 200 119 mense hulle eerste inenting gekry, terwyl 95 904 reeds hulle tweede inenting gehad het.