Chani Rabe praat met Kosmos 94.1 Nuus oor haar groot prestasie

Die nuwe mej.Supranational ,Chani Rabe van Namibië, is baie opgewonde oor die prestasie wat sy by die 12 de weergawe van die Mej.Supranational-kompetisie in Pole behaal het. Sy het die titel nie net die eerste keer vir Namibië gewen nie, maar ook vir Afrika en het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus uit Pole gepraat.