Lekker tennis vandag

Die wêreld se nommer-een-speler, Ashleigh Barty, speel vandag teen die ongekeurde Jil Teichmann van Switserland in die eindstryd van die Cincinnati-meesterstoernooi. Die Australiese ster het vir die sesde keer die seisoen ‘n eindronde gehaal toe sy die Duitser Angelique Kerber in die halfeindronde met 6-2 en 7-5 geklop het. Barty is die afgelope 82 weke bo aan die ranglys. Teichmann het reeds in die toernooi met Naomi Osaka en die Olimpiese kampioen Belinda Bencic afgereken.