Noord-Kaapse munisipaliteit verwerp Onteieningswet

Die parlementêre portefeuljekomitee op openbare werke het openbare verhore oor die Onteieningswet in die Noord-Kaap aangehoor. Die komitee het in Kathu voorleggings aangehoor en sit môre in Kimberley. Inwoners van die Khai Ma-munisipaliteit het tydens Sondag se eerste sitting die voorgestelde wetgewing verwerp. Die voorsitter van die komitee, Nolitha Ntobongwana, sê die meerderheid van die […]

Read More

Jong Wes-Kapenaars skroom nie vir inentings

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde sê die meerderheid van die meer as 50 000 Wes-Kaapse inwoners wat Vrydag teen Covid-19 ingeënt is, was jongmense tussen 18 en 35 jaar. Inentings vir hierdie ouderdomsgroep het Vrydagoggend geopen met duisende jong mense wat sedertdien vir hul inspuiting geregistreer en gegaan het. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt […]

Read More

Stad Windhoek se begroting is meer as N$500 miljoen

Stad Windhoek se waarnemende uitvoerende hoof, George Mayumbelo, het gesê die stad kan nie die invloei van sowat 10 000 mense hanteer wat elke jaar na Windhoek trek vir beter geleenthede nie. Hy het dit vandag tydens goedkeuring van die jaarlikse begroting van meer as 500 miljoen Namibiese dollar vir die 2021-2022 finansiële jaar gesê, […]

Read More

Seksuele misdryfverhoor van biskop Bafana Stephen Zondo tot 30 Augustus uitgestel

Die seksuele misdryfverhoor van die Suid-Afrikaanse biskop Bafana Stephen Zondo is uitgestel. Zondo het vandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van verkragting en regsverydeling. Zondo het na bewering lede van die Rivers of Living Waters-kerk in Sebokeng seksueel aangerand, insluitend ‘n vrou wat minderjarig was ten tye van die misdaad. Zondo moet […]

Read More

Suid-Afrikaanse alkoholregulasies steeds in die hof

Die Suid-Afrikaanse wynbemarkingsorganisasie Vinpro sê hulle het nog nie die stryd laat vaar om die bedryf ten volle te heropen nie. Die hofsaak waarin Vinpro die regering se benadering oor alkohol-regulasies betwis, word van vandag tot Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor. Die besturende direkteur, Rico Basson, sê daar is ook ‘n tussentydse aansoek wat […]

Read More

Kommer oor uitvoere van sagte vrugte weens vertraging van verskeping

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, is bekommerd oor die moontlike nadelige uitwerking op uitvoere van sagtevrugte weens vertragings in verskeping as gevolg van sterk wind, toerusting wat onklaar raak en tekorte met houers. Hy moedig Transnet aan om maatreëls te tref om verlore tyd by hawens in te haal deur nuwe toerusting aan […]

Read More

Namibiese leerders verteenwoordig 42 persent van positiewe gevalle

Tydens vandag se Covid-19-konferensie het die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sy kommer uitgespreek oor die hoë aantal positiewe gevalle onder leerders, wat 42 persent van alle positiewe gevalle verteenwoordig. Altesaam 117 leerders en 12 onderwysers het positief vir Covid getoets. Die Eputuko Sekondêre Skool in die Eenhana-distrik het 21 positiewe gevalle en ses positiewe […]

Read More

Geleenthede vir Namibiese vroue in landbousektor geskep

Landboubeleid en -programme ignoreer steeds die sentrale rol van vroue in die landbou en versterk ongelykheid in die toegang van vroue tot produktiewe hulpbronne, insluitend grond, arbeid, insette en tegnologie. Boonop maak die versuim om die landboukennis en -ervaring van vroue te erken, die skeiding tussen geslagte oor besluitneming nog duideliker. Daisry Mathias, presidensiële adviseur […]

Read More

Amerikaanse Voedsel- en Dwelmagentskap waarsku oor ivermektien

Die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmagentskap het ernstige waarskuwings aan Amerikaners gerig om nie self Covid-19 te probeer genees met die anti-parasitiese middel ivermektien nie. Dit volg na vele berigte rakende pasiënte wat mediese hulp benodig en in die hospitaal opgeneem is nadat hul ivermektien geneem het. Die agentskap het op Twitter gesê “Jy is nie […]

Read More

Reptiele word uit Namibië gesmokkel

‘n Groot aantal reptiele word jaarliks op internasionale troeteldiermarkte gesmokkel, ingesluit versamelaars van eksotiese diere wat hulle in private dieretuine aanhou. Kandali Iiyambo, ‘n senior omgewingswetenskaplike by die Namibiese omgewingsministerie, gaan op 14 September om sewe-uur die ‘n praatjie oor reptielsmokkelary in Namibië, by die Wetenskapsvereniging van Namibië in Windhoek hou. Sy doen navorsing in […]

Read More