Amerikaanse Voedsel- en Dwelmagentskap waarsku oor ivermektien

Die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmagentskap het ernstige waarskuwings aan Amerikaners gerig om nie self Covid-19 te probeer genees met die anti-parasitiese middel ivermektien nie. Dit volg na vele berigte rakende pasiënte wat mediese hulp benodig en in die hospitaal opgeneem is nadat hul ivermektien geneem het. Die agentskap het op Twitter gesê “Jy is nie ‘n perd nie. Jy is nie ‘n koei nie. Stop dit.” Die agentskap voeg by groot dosisse van die middel is gevaarlik, aangesien dieremiddels dikwels gekonsentreerd is want dit word vir groot diere soos perde en koeie gebruik. Namibiese pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ivermektien geen voordele vir die behandeling van Covid-19 het nie.