Noord-Kaapse munisipaliteit verwerp Onteieningswet

Die parlementêre portefeuljekomitee op openbare werke het openbare verhore oor die Onteieningswet in die Noord-Kaap aangehoor. Die komitee het in Kathu voorleggings aangehoor en sit môre in Kimberley. Inwoners van die Khai Ma-munisipaliteit het tydens Sondag se eerste sitting die voorgestelde wetgewing verwerp. Die voorsitter van die komitee, Nolitha Ntobongwana, sê die meerderheid van die betoë was gekant teen onteiening sonder vergoeding.