Kommer oor uitvoere van sagte vrugte weens vertraging van verskeping

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, is bekommerd oor die moontlike nadelige uitwerking op uitvoere van sagtevrugte weens vertragings in verskeping as gevolg van sterk wind, toerusting wat onklaar raak en tekorte met houers. Hy moedig Transnet aan om maatreëls te tref om verlore tyd by hawens in te haal deur nuwe toerusting aan te skaf. Meer as 12 miljoen kartonne pere is tot dusver hierdie seisoen uitgevoer. Die bedryf verwag die uitvoer van appels sal tot by 42 miljoen kartonne styg.