Suid-Afrikaanse alkoholregulasies steeds in die hof

Die Suid-Afrikaanse wynbemarkingsorganisasie Vinpro sê hulle het nog nie die stryd laat vaar om die bedryf ten volle te heropen nie. Die hofsaak waarin Vinpro die regering se benadering oor alkohol-regulasies betwis, word van vandag tot Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor. Die besturende direkteur, Rico Basson, sê daar is ook ‘n tussentydse aansoek wat die hof versoek om bewyse oor die derde Covid-vlaag in aanmerking te neem. Basson sê hulle gaan ook aanvoer dat provinsies self moet besluit of hulle alkoholbeperkings wil instel of nie.