Namibiese leerders verteenwoordig 42 persent van positiewe gevalle

Tydens vandag se Covid-19-konferensie het die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sy kommer uitgespreek oor die hoë aantal positiewe gevalle onder leerders, wat 42 persent van alle positiewe gevalle verteenwoordig. Altesaam 117 leerders en 12 onderwysers het positief vir Covid getoets. Die Eputuko Sekondêre Skool in die Eenhana-distrik het 21 positiewe gevalle en ses positiewe gevalle is van die Otjomuru Sekondary Sool by Opuwo.

Shangula het bevestig dat geen vervalste entstowwe in Namibië vookom soos in Indië en Uganda nie.