Stad Windhoek se begroting is meer as N$500 miljoen

Stad Windhoek se waarnemende uitvoerende hoof, George Mayumbelo, het gesê die stad kan nie die invloei van sowat 10 000 mense hanteer wat elke jaar na Windhoek trek vir beter geleenthede nie. Hy het dit vandag tydens goedkeuring van die jaarlikse begroting van meer as 500 miljoen Namibiese dollar vir die 2021-2022 finansiële jaar gesê, nadat dit deur die ministerie van stedelike en landelike goedgekeur is. Mayumbelo het gesê grondprobleme, veral in informele nedersettings word veroorsaak deur die invloei van mense wat van ander dorpe en landelike gebiede inkom. ‘n Woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Amutenya sê dit is die eerste keer wat die begroting met die publiek bespreek word, soos onder meer watter faktore ‘n impak op die begroting het.