Nog nie seker of Joost se broer onskuldig is of nie

Die Pretoriase polisie ondersoek steeds of die broer van die ontslape rugby-legende Joost van der Westhuizen wettig opgetree het toe hy twee vermeende rowers in ‘n kerk doodgeskiet het. Pieter van der Westhuizen se prokureur, Ulrich Roux, het aan media gesê speurders wag nog op ballistiese en lykskouings-verslae. Van der Westhuizen het in Julie verlede jaar losgebrand toe mans tydens ‘n kerkdiens ingestorm en ‘n vuurwapen op die pastoor gerig het.