Bokser vas vir klagte van aanranding

Die Namibiese Olimpiese bokser Jonas Junias Jonas is aan die kus in hegtenis geneem op klagte dat hy ‘n polisie beampte aangerand het nadat hy na bewering Covid-regulasies oortree het. Die beampte is volgens berigte na Windhoek verplaas met ernstige beserings maar hy is stabiel. Die Erongo Streek Bevelvoerder Kommisaris Andreas Nelumbu sê geweld teenoor sy beamptes sal nie geduld word nie.