Philip se Landy trek aandag

‘n 86-jarige motor wat eens aan Prins Philip behoort het, is tans die middelpunt in ‘n museum in Sri Lanka. Die Hertog van Edinburgh het dié 1935 Standard Nine vir ongeveer 240 Namibiese doller gekoop toe hy in 1940 in Colombo saam met die Britse vloot daar gesetel was. Die prins het later ‘n motorliefhebber geword. Tydens die Hertog van Edinburgh se begrafnisoptog môre, sal ‘n pasgemaakte Land Rover Defender wat hy help ontwerp het, sy kis na die St George’s Kapel vervoer.