LPM lei raadslede op

Die Grondlose Mense Beweging is op die oomblik besig met ‘n opleidingskursus vir sy raadslede in ‘n poging om die bestuur van plaaslike owerhede te verbeter en versterk. Die werkswinkel, wat in Mariental gehou word, het reeds Donderdag begin en loop Sondag tot ‘n einde. Die party sê die opleiding lê klem op ‘n fokus op die inwoners en op transformasie van sisteme. Ontwikkeling is ook ‘n prioriteit.