Joernaliste, aktiviste van Mianmar onwettig in Thailand

Drie joernaliste en 2 aktiviste wat uit Mianmar gevlug het, word in Thailand verhoor omdat hulle die land glo onwettig binnegekom het. As hulle skuldig bevind word, kan hulle na Mianmar gedeporteer word. Hulle sê hulle is onveilig in Mianmar, berig internasionale media.

Read More

SA bly op rooilys vir Brittanje

Suid-Afrika bly op Brittanje se rooilys van lande wat Covid-reisbeperkings betref. British Airways mis egter om teen Junie vlugte tussen die Brittanje en Suid-Afrika te hervat. Slegs burgers en mense met verblyfreg mag nou tussen dié lande reis. Volgens internasionale media geld kwarantyn.

Read More

Tasa skep mobiele toetsklinieke

Die private sektor het ‘n veldtog van stapel gestuur om toeriste vir Covid-19 by padblokkades te toets. Die eerste mobiele kliniek is amptelik deur die Namibiese Gesondheidsminister, Dr. Kalumbi Shangula, by die Okahandja-padblokkade op die A1-hoofpad geopen. Die inisiatief is ‘n gesamentelike onderneming deur die Toer- en Safarivereniging van Namibië en Covid Test Nam, met […]

Read More

Bewaringsgebied gee kos aan 16 skole

Vir die tweede agtereenvolgende jaar, gebruik die lede van die N≠a Jaqna-bewaringsgebied ‘n deel van hul inkomste om kos aan alle geregistreerde skole en kleuterskole in hul bewaringsgebied te voorsien. Die Nyae Nyae Development Foundation of Namibia en die Europese Unie ondersteun die bewaringsgebied. Altesaam N$96 000 is aan 16 skole en kleuterskole geskenk. Die […]

Read More

Kantoor vir vlugtelinge hof toe

Die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake se volgehoue versuim om te voldoen aan hofbevele om die Kaapstadse vlugtelingontvangskantoor te heropen, word vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof betwis. Die Scalabrini-sentrum sal weer probeer om die departement te dwing om die kantoor, wat sedert 2017 gesluit is, te heropen. ‘n Woordvoerder van Sonke Gender Justice, Kayan Leung, […]

Read More

Ietermagô-navorser: Gesmokkelde diere moet spoedig vrygelaat word

Twee mans is verlede week in verband met die onwettige besit van ietermagôvelle op onderskeidelik Kamanjab en Rundu in hegtenis geneem. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld. Ietermagônavorser Kelsey Prediger vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik dit is dat lewende gesmokkelde ietermagôs so gou as moontlik weer in die natuur vrygelaat word. […]

Read More

Henny Seibeb 18 Mei op rooi tapyt

Die leierskap van die LPM het bevestig dat hulle ‘n brief van die Nasionale Verenging ontvang het dat Henny Seibeb op 18 Mei vir ‘n verhoor geskeduleer is. Hy het bevestig dat hy die brief van die NV se sekretaresse, Lydia Kandetu, ontvang het en wonder waarom die Speaker, Prof. Peter Katjavivi nie self die […]

Read More

Nóg Israeli troepe na Gasa

Israel se weermag gaan nog troepe na die grens by Gasa stuur en die Minister van Verdediging het 5 000 reserwemaglede gemobiliseer. Volgens internasionale media is nog lugaanvalle vandag op die Gasa-strook geloods, terwyl meer as 250 vuurpyle op Israel afgevuur is.

Read More

Kinders slagoffers van skietvoorval in Rusland

Minstens sewe kinders en ‘n onderwyser is volgens berigte dood tydens ‘n skietvoorval by ‘n skool in Kazan, oos van die Russiese hoofstad Moskou. ‘n Plaaslike nuusagentskap berig dat vier seuns en drie meisies in graad 8 onder die slagoffers is. Talle ander studente is gewond en hospitaal toe geneem. Volgens die nuusagentskap is ‘n […]

Read More

Bob Marley sterf vandag, 40 jaar gelede

Vandag 40 jaar gelede het die wêreld se grootste en bekendste reggae-ster Bob Marley gesterf. Hy was net 36 toe hy aan kanker op 11 Mei 1981 oorlede is. Verslaggewer Sithakazelo Dlamini het meer.

Read More