Nóg Israeli troepe na Gasa

Israel se weermag gaan nog troepe na die grens by Gasa stuur en die Minister van Verdediging het 5 000 reserwemaglede gemobiliseer. Volgens internasionale media is nog lugaanvalle vandag op die Gasa-strook geloods, terwyl meer as 250 vuurpyle op Israel afgevuur is.