Kantoor vir vlugtelinge hof toe

Die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake se volgehoue versuim om te voldoen aan hofbevele om die Kaapstadse vlugtelingontvangskantoor te heropen, word vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof betwis. Die Scalabrini-sentrum sal weer probeer om die departement te dwing om die kantoor, wat sedert 2017 gesluit is, te heropen. ‘n Woordvoerder van Sonke Gender Justice, Kayan Leung, sê hulle sal ‘n voorlegging doen oor die uitwerking van die voortgesette sluiting