Henny Seibeb 18 Mei op rooi tapyt

Die leierskap van die LPM het bevestig dat hulle ‘n brief van die Nasionale Verenging ontvang het dat Henny Seibeb op 18 Mei vir ‘n verhoor geskeduleer is. Hy het bevestig dat hy die brief van die NV se sekretaresse, Lydia Kandetu, ontvang het en wonder waarom die Speaker, Prof. Peter Katjavivi nie self die brief afgelewer het nie. Seibeb met bewyse en antwoorde gee wat op 15 April tydens die Staatsrede gebeur het toe hy en sy leier, Bernadus Swartbooi, uitgeskop is. Seibeb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die party sal met hul regsverteenwoordiger konsulteer vir die pad vorentoe, want hulle het teen die vorige uitspraak geappelleer.