Tasa skep mobiele toetsklinieke

Die private sektor het ‘n veldtog van stapel gestuur om toeriste vir Covid-19 by padblokkades te toets. Die eerste mobiele kliniek is amptelik deur die Namibiese Gesondheidsminister, Dr. Kalumbi Shangula, by die Okahandja-padblokkade op die A1-hoofpad geopen. Die inisiatief is ‘n gesamentelike onderneming deur die Toer- en Safarivereniging van Namibië en Covid Test Nam, met ondersteuning van die Gasvryheidsvereniging van Namibië. Die Voorsitter van Tasa, Nathaly Ahrens, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.