Ietermagô-navorser: Gesmokkelde diere moet spoedig vrygelaat word

Twee mans is verlede week in verband met die onwettige besit van ietermagôvelle op onderskeidelik Kamanjab en Rundu in hegtenis geneem. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld. Ietermagônavorser Kelsey Prediger vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik dit is dat lewende gesmokkelde ietermagôs so gou as moontlik weer in die natuur vrygelaat word. Sy sê gewoonlik is hulle nie in ‘n goeie kondisie nie en word selfs vir twee weke lank deur smokkelaars aangehou.