Bewaringsgebied gee kos aan 16 skole

Vir die tweede agtereenvolgende jaar, gebruik die lede van die N≠a Jaqna-bewaringsgebied ‘n deel van hul inkomste om kos aan alle geregistreerde skole en kleuterskole in hul bewaringsgebied te voorsien. Die Nyae Nyae Development Foundation of Namibia en die Europese Unie ondersteun die bewaringsgebied. Altesaam N$96 000 is aan 16 skole en kleuterskole geskenk. Die Voorsitter van die bewaringsgebied, Sarah Zungu, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.