Vissermanne, mynwerkers nuwe Covid-gevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 92 nuwe Covid-gevalle uit 1 173 toetsresultate aangekondig. Uit die groep is 3 leerlinge, 4 studente, 1 elk onderwyser en gesondheidswerker, 5 mynwerkers en 7 in die visserybedryf. Vyf sterfgevalle is aangemeld en 134 mense het herstel.

Read More

Forum vir Duitssprekende Namibiërs gestig

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs is onlangs gestig. Sowat 100 lede het aan die digitale vergadering deelgeneem en as lede ingeskryf. Een van die hoofdoelwitte van die Forum is, om die Duitssprekende gemeenskap tot ‘n meer aktiewe deelname in die Namibiese samelewing te motiveer. Dit behels onder meer ‘n groter betrokkenheid in politieke, ekonomiese, sosiale […]

Read More

Indiese krieketspelers ontvang Covid-inentings

Indiese krieketspelers het op die vooraand van hul toer na Engeland aanstaande maand, hul eerste dosis van Covid-inentings gekry. Indië is tans die land waar die meeste sterfgevalle per dag aangemeld word.

Read More

Old Mutual in top-10

Die 2021 Handelsmerk Finansiële Verslag het Old Mutual as die 10de sterkste versekeringsmaatskappy ter wêreld gelys. Alhoewel die maatskappy vanjaar vanaf die 4de tot die 9de plek gesak het, bly Old Mutual steeds die enigste versekeraar in Afrika op dié toplys. Kommunikasiebestuurder van Old Mutual Namibia, Mauriza Fredricks, het haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Ace moet binne 2 dae jammer sê

Ace Magashule is 48 uur gegee om die ANC-gemeenskap en die res van Suid-Afrika om verskoning te vra vir sy poging om Cyril Ramaphosa as ANC-leier te skors. Indien hy nie jammer sê nie, sal tugstappe volg, het die ANC se Waarnemende Sekretaris-Generaal, Jessie Duarte, aan Suid-Afrikaanse media gesê.

Read More

Kawana besoek Polisiehoof

Dr. Albert Kawana, die nuwe Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Veiligheid en Sekuriteit, het ‘n besoek aan die Namibiese Polisiehoof, Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga, afgelê. Kawana het aan Namibiese media gesê Nampol-beamptes staar vele uitdagings in die gesig soos gebrek aan toerusting, vervoer, akkommodasie, beperkte mannekrag en lae besoldiging. Hy beplan om ‘n landswye toer te […]

Read More

Nuwe Guinness Wêreldrekord!

Die Guinness Wêreldrekord vir die langste vertikale klim in 24 uur het ‘n nuwe baas! Dit, nadat twee Kapenaars gisteraand net voor middernag, die nuwe rekord in die Moederstad opgestel het. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt gesels met AJ Calitz.

Read More

Harvey Boulter borgtog geweier

Landdros Immanuel Udjombala het vanmiddag in die Outjo-landdroshof borgtog aan die Britse moordbeskuldigde, Harvey Boulter, geweier. Boulter bly in aanhouding tot 30 Junie wanneer hy weer in die hof moet verskyn.

Read More

Aanlyn filmfees vir Namibië

Tala Namibia het sy eerste aanlyn filmfees in die land, die Tala Namibië Filmfees, by die Nasionale Kunsteraad van Namibië aangekondig. Die Adjunkminister van Inligting en Kommunikasietegnolgie, Emma Theofelus, sê sy is opgewonde oor hierdie mylpaal. Sowat 200 Namibiese rolprente van verskeie genres sal vanaf 12 tot 19 Mei aanlyn by talanamibia.com gekyk kan word. […]

Read More

Rolbalkampioenskap ‘n sukses

Die President van die Namibië Rolbalvereniging, Michael Wells, het sy tevredenheid met die spelers se prestasie by die onlangse Namibë Nasionale Rolbalkampioenskap uitgespreek. Spelers van regoor Namibië, asook Suid-Afrika, het aan die onlangse kampioenskap by die Eros-rolbalklub in Windhoek deelgeneem. Die NBA berei voor om die Afrika Rolbaltoernooi in September 2021 te huisves, berig Namibiese […]

Read More