Aanlyn filmfees vir Namibië

Tala Namibia het sy eerste aanlyn filmfees in die land, die Tala Namibië Filmfees, by die Nasionale Kunsteraad van Namibië aangekondig. Die Adjunkminister van Inligting en Kommunikasietegnolgie, Emma Theofelus, sê sy is opgewonde oor hierdie mylpaal. Sowat 200 Namibiese rolprente van verskeie genres sal vanaf 12 tot 19 Mei aanlyn by talanamibia.com gekyk kan word. Emma Theofelus is aan die woord.