Harvey Boulter borgtog geweier

Landdros Immanuel Udjombala het vanmiddag in die Outjo-landdroshof borgtog aan die Britse moordbeskuldigde, Harvey Boulter, geweier. Boulter bly in aanhouding tot 30 Junie wanneer hy weer in die hof moet verskyn.